7 Wenke hoe jy steeds soos ‘n dame kan voel wanneer jy gaan kamp

7 Wenke hoe jy steeds soos ’n dame kan voel wanneer jy gaan kamp.

Kamp kan enige dame se grootste nagmerrie wees! Eerste op my lysie na ‘n soektog vir ‘n lekker kampplekk is… ‘n staanplek met elektrisiteit vir my krultang, dit moet naby die ablusiegeriewe  wees sodat NIEMAND kan sien hoe hol ek badkamer toe sonder grimering nie en…aar moet bad-en stortgeriewe om die stoffies af te was na ‘n harde dag van in die son sit terwyl die manne kamp opslaan!

Met kamp wat so ‘n gewilde “trend” geword het, is die kampplekke maar vol en moet ons soms net vat wat ons kry… geen elektisiteit?! Hier is wel ‘n paar wenke om die kampdames te akkomodeer om hierdie “dilemma” so lekker as moontlik te maak.

Hare

  1. Begin met ‘n krul: As jy reguit hare het, krul dit voor jy by die deur uit stap. Dit voorkom dat jy “plat” voorkom. Dag een sal jou hare gekrul wees, dag twee is dit wavy en dan… teen dag 3 het dit nog so ‘n ekstra bietjie volume.
  2. Droë Shampoo: Sodra jou kopvel so bietjie olierig lyk, spuit so bietjie droë shampoo op. Dit is baie maklik om te gebruik en neem nie so baie spasie op in jou smuktassie nie. Dischem het ‘n 200ml droë shampoo wat fantasties werk!
  3. Vlegsels: Vlegsels is nie net vir die kinders nie. Gaan slaap met vlegsels in jou hare om te help dat jou hare nie plat val nie.
  4. Hoed: As niks anders wil werk nie… ‘n goeie ou keppie steek alles weg en help ook sommer keer dat jy nie soos ‘n rooi kreef na ‘n sessie in die son lyk nie.

Vel

  1. Wet Wipes: Hierdie lappies het al baie “sticky situations” gered. Dit is ideaal om die grimering af te vee en om weer vars te voel na ‘n stappie om die kampterrein. Dis ‘n fantastiese manier om skoon te vee sonder water.
  2. BB Cream:  Hier is nog ‘n 2 in 1 produk. Dit is ‘n bevogtigingsroompie asook ‘n vorm van onderlaag. Dit is wel nie so swaar soos onderlaag nie, maar dit doen die ding. Die Garnier Pure Active werk maar die beste. Dit hou lank en dit beskerm jou gesig teen die son.
  3. Maskara: ‘n Goeie maskara wat waterdig is laat jou toe om deel te neem aan enige water aktiwiteite sonder om soos die Parlotones te lyk. Maskara is nou maar een ding waarsonder ons dames net nie kan gaan nie.

Kamp is nie vir sissies nie… so kom dames, staan sterk en gebruik hierdie wenke om die beste te maak uit jou kamp ekspedisie!  GirlPower!!

Groete,

BOSKONINGIN