4 Wenke hoe om wors op ‘n vuur gaar te maak

Hoe om wors op ‘n vuur gaar te maak

Metode 1: Soek ‘n dunnerige stokkie. Maak die stokkie
skoon. Steek die wors daardeur en rooster oor die kole.
Metode 2: Draai die wors in koerantpapier toe.
Gooi die pakkie direk op kole. Die koerantpapier sal
swart word, maar behoort nie aan die brand te slaan nie.
Die vet van die wors maak dat die koerantpapier nie
brand nie.
Metode 3: Draai wors in foelie toe, blink kant na binne.
Gooi direk op die kole.
Metode 4: Rooster oor kole. Jy benodig ‘n rooster en
vuur. Laat elke persoon self sy wors gaarmaak. Sorg dat
daar genoeg braaitange is.

CAPE GETAWAY SHOW 31 Maart 2017 tot 2 April 2017