3 Bosveld kampeerplekke in Brits met ‘n warmwater en kouewater swembad

3 Bosveld kampeerplekke in Brits met ’n warmwater en kouewater swembad

BOSVELD OASE

Bosveld Oase is ‘n woonwa park slegs 15 minute se ry buite Brits in die stil, rustige en intieme bosveld omgewing van Mamogaleskraal. Bosveld Oase bied 110 staanplekke met uitstekende ablusie geriewe, wat ook rolstoelvriendelik is.

Aktiwiteite: Groot onderdak verhitte swembad of koue water swembad. 

Bergfiets roetes, Hengel, Kuier lapa, Putt Putt, Staproetes, Swem, Waterwurm
Ander Aktiwiteite
“Vang en laat gaan” dam
Nuwe Waterpark!
Twin racer Glybane
Sprinklerpark vir kinders
Opelug verhitte swembad

ONVERWAGS WILDSPLAAS

Onverwags Karavaanpark is in die Brits omgewing geleë – in die Noord-Wes provinsie. Die Karavaanpark is in ‘n rustige bosveld omgewing geleë, weg van die stadsgewoel. Die ablusie geriewe is 5 ster kwaliteit. Die staanplekke is geskik vir vir woonwaens, boswaens, motorwoonwaens of tente.

Aktiwiteite: Binneshuise Verhitte swembad & koue swembad

Bergfiets roetes, Grootskerm TV, Putt Putt, Speelpark vir kinders,
Staproetes, Wildkyk, Tafel tennis & Pool tafels

THABA MORULA

Thaba Morula is ‘n oord in ‘n natuurreservaat op ‘n wildplaas. Daar is 100 grasbedekte kampstaanplekke, almal toegerus met elektrisiteit en waterpunte. Omtrent die helfte van die staanplekke het skaduwee. Daar is nabygeleë gemeenskaplike ablusiegeriewe en ook individuele badkamers – Individuele badkamers – as jy die deur agter jou toetrek het jy alleenlik toegang tot die stort, wasbak en toilet.

Aktiwiteite: Kuier gerus by die groot verhitte buitenshuise swembad. Daar is ook plaspoele, jacuzzi’s en ‘n stoomkamer.

Bergfiets roetes, Putt Putt, Speelpark vir kinders,
Staproetes, Swem, Wildkyk.