10 Dinge wat jy kan doen voor jy gaan kamp

10 Dinge wat jy kan doen voor jy gaan kamp

10 Dinge wat jy kan doen voor jy gaan kamp

1. Laat diens jou voertuig.
Dit is seker die heel belangrikste die kar móét padwaardig wees, want daai mechanic op Jeffreysbaai hengel oor naweke by Big Fish Caravan Camping
Gaan self die volgende na: banddruk (onthou die noodwiel!), ligte, remme, windskerm (vir krake) en ruitveërrubbers, asook die olie, water en remvloeistof. Gaan maak ‘n draai by jou naaste Hi-Q en laat stel die wielsporing.
2. Hou die weer dop en ken die klimaat.
Hou die sewedagvoorspellings dop (kyk op Accuweather se webtuiste ).
As jy wil weet watse klere en slaapgoed om te pak vir die paklys, vind uit hoe die dag- en nagtemperature by jou bestemming verskil. Jy gaan dalk bedags ’n kortbroek en Vellies dra, maar snags ’n donsduvet nodig hê.
3. Hou afskrifte in die kuberwolk.
Stuur afskrifte van al jou belangrike dokumente soos jou ID, paspoort, rybewys, en voertuig- en versekeringspapiere na ’n Gmail- of Yahooadres sodat jy dit by enige internetkafee kan oopmaak.
4. Verken vooraf op Google Earth.
Gaan kyk op Google Earth of The Willows waar julle bespreek het, stapafstand van die see is soos hulle op hulle webwerf wys.
5. Noodsleutels.
As jy in ’n konvooi reis, sit ’n noodsleutel van jou voertuig in ’n ander voertuig se paneelkissie. En sit sommer ’n nuwe battery in die immobiliseerder se afstandbeheer.
6. Twee bankkaarte.
Verkieslik by twee verskillende banke– net ingeval een nie werk nie. Vat ook genoeg kontant.
7. Toets jou kampgoed.
As jy nuwe kamptoerusting soos ’n tent of kampbedjie koop, toets eers tuis op die grasperk daarmee om dit uit te pluis.  (Jy kan op Youtube gaan kyk presies hoe om ’n tent op te vou).
8. Gaan al jou toerusting na.
Pak jou toerusting uit en maak seker alles is daar: al die tentpale, -hegstukke, -penne en -toue.
9. Slaan oor na LED.
LEDligte hou baie langer as gaslampe en gebruik baie min energie – of dit nou werk met batterye, ’n karbattery of sonkrag.
10. Hou aandenkings en geskenkies vir laaste.
Koop die aandenkings op pad huis toe.

 kamp