10 Dae eetplan vir kampeerders

10 Dae eetplan vir kampeerders

DAG 1
Ontbyt
Koffie en beskuit
Middagete
Padkos wat jy by die huis gemaak het, bv. gekookte eiers,
frikkadelle, toebroodjies met appelkooskonfyt en ’n fles koffie of tee
Aandete
Verouderde (rump steak); knoffelbrood in foelie (maak dit by die huis en draai dit in ’n plastieksak toe sodat die koelboks nie die res van die vakansie na knoffel ruik nie); mengelslaai
Nagereg
Blokkies sjokolade

DAG 2
Ontbyt
Spek of boeliebief; eiers; tamaties; roosterbrood (WegRy #13)
Middagete
Kaastoebroodjies (die oggend by die kamp gemaak); jogurt en vars vrugte
Aandete
Boerewors (maak genoeg gaar vir ontbyt die volgende dag); polenta met bloukaas (WegRy #14); tamatieslaai; heel, gekookte beet
Nagereg
Vrugteslaai (maak genoeg vir môre se middagete; sny piesangs in net voor julle dit eet, sodat dit nie swart word nie)

DAG 3
Ontbyt
Boerewors; roereiers; roosterbrood; blik bone in tamatiesous
Middagete
Salami-en-kaastoebroodjies (die oggend by die kamp gemaak); vrugteslaai
Aandete
Pasta met bolognaise-sous (WegRy #12); mengelslaai
Nagereg
Ingemaakte perskes met langleweroom

DAG 4
Ontbyt
Hawermoutpap met rosyntjies, heuning en melk; jogurt
Middagete
Boeliebief of ingemaakte ham, in skywe gesny op volgraanbrood; agurkies
Aandete
Hoender-en-groente-kerrie; rys; komkommer-sambal; tamatie-en-uie-sambal; piesangskyfies met soet sous (WegRy #11)
Nagereg
Koekstruif (trifle)

DAG 5
Ontbyt
Eierbrood; gestoofde vrugte met heuning en kaneel
Middagete
Waatlemoen of spanspek, op sosatiestokkies geryg met blokkies fetakaas tussenin (WegRy #4); kaas; mossels; Portugese sardyne; soutbeskuitjies
Aandete
Skaapskenkelpotjie (dit duur 3 uur om sag te word, maak dit dus op ’n dag dat jy vroeg by die kamp is); rys; gevulde botterskorsie; tamatiekwarte
Nagereg
Bruinpoeding met langlewevla (WegRy #7)

DAG 6
Ontbyt
Geroosterde kaas-en-aspersie-broodjies in die pan (of jou gunstelingvulsel)
Middagete
Tuna-en-mayonnaise-toebroodjies; pakkie drieboneslaai
Aandete
Groentesop; Marokkaanse vlinderhoender oor die kole; koeskoes; komkommer en dadelblokkies
Nagereg
Geroosterde pynappel saam met langleweroom of roomys

DAG 7
Ontbyt
Broodrolletjies; Frankfurterworsies; gekookte eiers of omelet
Middagete
Ingemaakte ham, in skywe gesny; aartappelslaai; vars gesnipperde kool, gemeng met ’n botteltjie van ouma se kerriebone
Aandete
Skaaptjops en sosaties; mieliepap; pampoentert (WegRy #14); heel koolkop in foelie
Nagereg
Peerhelftes, gevul met kitssjokolademousse

DAG 8
Ontbyt
Suikermielieplaatkoekies met stroop (WegRy #11); spek (bêre ’n bietjie vir die middag se avokadoslaai); gebakte eiers
Middagete
Avokadohelftes gevul met blokkies spek, klein stukkies rou blomkool en mayonnaise; soutbeskuitjies
Aandete
Steak; foeliepakkies met groente (aartappel, botterskorsie, patat, ens.)
Nagereg
Souskluitjies

DAG 9
Ontbyt
Ontbyt-in-een-pot (boeliebief, tamaties, uie en blokkies gaar aartappel)
Middagete
Tortillas, gevul met gerasperde kaas, tamatie, salami en mayonnaise; appels, ontkern en gevul met rosyne wat gemeng is met growwe grondboontjiebotter
Aandete
Gebraaide wors (braai genoeg sodat jy genoeg het vir die volgende dag se middagete); kapokaartappels; ingemaakte ertjies, versoet met suiker; tamatieslaai
Nagereg
Piesangflambé

DAG 10
Ontbyt
Ontbytgraan (dis maklik en min skottelgoed) of kook ’n paar eiers en bêre ’n paar vir middagete
Middagete
Gaar wors; gekookte eiers; vetkoekies (bak dit die vorige aand)
Aandete
Gaan koop wegneempizzas sodra jy die waentjie afgehaak het.