HOWLING MOON SWAAI-ARM

HOWLING MOON SWAAI-ARM

HOWLING MOON SWAAI-ARM –’N BRILJANTE IDEE VIR SKADUWEE EN BESKUTTING!

Vir baie van ons met ’n reislus, is gerief ’n voorvereiste vir ons avontuurtogte. Temperature kan op ’n kontinent soos ons s’n sommer vinnig die hoogte inskiet, en voldoende skadu kan die verskil tussen ’n draaglike en onuithoudbare ervaring beteken.

Met meer as 40 jaar se ondervinding van die vervaardiging van tekstiel en tente, streef Howling Moon voortdurend daarna om innoverende produkte aan te bied; produkte wat die buitelewe-ervaring vir die kampeerder en woonwa vakansiegangers vergerieflik.

Die Howling Moon swaai-arm is die jongste toevoeging tot die Howling Moon produkreeks. Hierdie stewige afdak swaai 270° uit rondom jou voertuig, en verskaf binne minute voldoende skadu. Dit bied nie net beskerming teen die skadelike UV-strale in Afrika nie, maar kan ook geposisioneer word om beskutting teen reënbuie aan twee kante van die voertuig of sleepwa te verleen.

Die eenheid is selfonderhoudend in die meeste weerstoestande, met ingeboude, teleskopiese aftrekpote om dit in sterk wind te anker. Die dakmateriaal is UV-bestand, waterdig en oppervlakbehandel met Fluorocarbon om grondvrystelling en vinnige verdroging aan te help. Unieke ingeboude ankerbande skep uitstekende waterafloop, ’n groot voordeel gedurende skielike reënbuie. Die eenheid word verpak in ’n waterdigte, stofdigte PVC-sak vir buitetoestande, met ’n ritssluitopening.

3Die twee modelle wat tans beskikbaar is, is die Swing Arm 2000 met vier panele, ’n lengte van 2 m en ’n verlenging van 1,9 m teen ’n aanbevole kleinhandel-verkoopsprys van R5 990 (BTW ingesl.), en die Swing Arm 2500 wat ook vier panele het, met ’n lengte van 2,5 m en ’n verlenging van 2,4 m teen ’n aanbevole kleinhandel-verkoopsprys van R8 200 (BTW ingesl.)
Die Howling Moon swaai-arm word hoog aangeskryf, met maklike gebruik en gerief wat keer op keer as van die beste kenmerke uitgelig word. Spoedig beskikbaar by Campworld handelaars landwyd.Vir jou naaste handelaar en meer besonderhede, besoek die webtuiste

Campworld SA

Campworld bied geesdriftige natuur liefhebbers reeds die afgelope 60 jaar ’n superieure reeks gehalte woonwaens en sleepwaens van gewilde handelsname soos Jurgens, Sprite en Gypsey. Hulle is ook trotse verskaffers van die Howling Moon reeks tente en kampeertoerusting.

Met meer as 40 takke wat strategies reg oor Suidelike Afrika geleë is, bied Campworld maklike toegang vir Suid-Afrikaners wat mal is oor avontuur. Dit is die ideale inkopie bestemming vir al die nodige kampeer- en woonwa toerusting.

Kampering gee vakansiegangers ’n bekostigbare geleentheid om weg te breek van die gejaag van die stadslewe, en om die oorvloed natuurlike skoonheid van ons land van naderby te leer ken. Dit is dus geen wonder dat kampering vinnig besig is om een van Suid-Afrika se gunsteling tipe vakansies te word nie.

For the past 60 years Campworld has offered keen outdoor lovers a superior range of quality caravans and trailers by popular brands such as Jurgens, Sprite and Gypsey. Campworld also proudly stocks the Howling Moon range of tents and camping equipment.

With over 40 stores strategically situated across Southern Africa, Campworld is easily accessible to South Africans with adventure running through their veins. It’s the ideal retail destination for stocking up on all camping and caravanning equipment.

Caravanning and camping gives holiday makers an affordable opportunity to get away from the hustle and bustle of city and suburban life and be up close to the abundant natural beauty that our country offers. It’s no surprise that caravanning and camping is becoming one of South Africa’s preferred types of vacation accommodation.